WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN ‘N GASSTOOF
Elaine Schoeman:
Die beste om die hitte van jou gasoond te bepaal, is om ‘n paar snytjies witbrood op ‘n bakplaat te bak om te bepaal waar die hoogste hitte is, sodoende kan jy bepaal waar, om wat suksesvol te kan bak in die oond.
Adri van Staden:
Ons het ook ‘n gasstoof en ek bak gereeld in die (gas)oond sonder probleme. Ek stem saam met Adam dat jy die temperatuur ‘n paar grade hoër moet stel. Vir die verbruining van kos, soos vleis, het die oond ‘n “grill”, d.w.s. ‘n vlam bo in die oond.
Elsabie Templeton:
Ek het so 5 – 6 jaar gelede ‘n Smeg gasstoof met gasoond gekoop, omdat ons so baie onderbrekings in Midrand het (veral in die somer na donderstorms), ek bak enige koek (van vrugtekoeke, klein koekies tot gebakte kaaskoeke), pasteie en beskuit perfek in die gas oond. Ek het nog nooit ‘n problem gehad met iets wat nie wou bruin word bo nie. Ek stel nie my temperatuur hoër nie, maar ek bak dit wel bietjie langer. Die rede vir dit is, soos die gas verbrand veroorsaak dit vog (wat jou vleis sappiger hou en jou koeke klammer) en dus moet jy bietjie langer bak om dit gaar te kry. Ek verkies beslis gas bo my elektriese oond (ek gebruik die nou net om beskuit uit te droog, aangesien ek dit dan nie te hoef omdraai of dop te hou nie, die gasoond droog beskuit baie gou uit, maar dit kan ook te donker word as jy dit nie dophou nie).
Magda Malan:
Kry net vir jou ‘n termometer, dan kan jy maklik die temperatuur vasstel, watter merkie is wat se temperatuur op die knop. My ma bak alles in haar gasoond. Maar soos Adam sê, dit verbruin ongelukkig nie jou gebak soos ‘n elektrieseoond nie.
Elsabie Templeton:
Onthou die oonddeur moet op ‘n skrefie oop wees wanneer jy rooster in die gasoond.
Amina Geswindt:
Gasstoof bak beter en gouer as elektriseoond. Hou dit net dop om te verhoed dat die kos brand. As jy weet hoe om die oond te stel, sal als spoedig verloop.
Elsabie Templeton:
Ek gebruik so tussen 2 tot 3 van die 20 kg bottels gas ‘n jaar. Indien ek baie bak, hou so ‘n bottel my net 3 maande, maar dis nogsteeds baie goedkoper as Eskom krag (ons het 3 fase op die kleinhoewe, wat goedkoper is as in die dorp/stad, wanneer julle krag vanaf die munisipaliteit aankoop)
Elsabie Templeton:
Bak jou groot stukke vleis en pizza op die onderste rak, koeke en beskuit op die middelste rak en kleinkoekies op die hoogste rak. Moet nie die vleis toemaak terwyl dit gaar word nie. Die gasoond gee vog af terwyl die gas verbrand wat beteken dat jou vleis sappiger gaan wees en die koeke klammer as in ‘n elektrieseoond. Jy gaan dalk jou baktye net bietjie langer aanpas as vir die elektrieseoond. My gasoond het ‘n rooster bo, so ek kan my vleis rooster onder die gasbrander, asook ‘n spit waarop ek tot 4 hoenders kan plaas om gaar te rooster.
Elsabie Templeton:
Ek draai nooit my groot vleisstukke om nie. Bak dit eerder stadiger by so 150ºC vir langer.
Foto: Rina Kleinhans
Wat is die doel van n waaier in oonde
Hi Teresa
Dit versprei die hitte eweredig in die oond, daarom bak mens teen ‘n laer hitte wanneer mens die waaier gebruik. Mens kan dan ook op altwee rakke gelyk bak met sukses.
Groetnis