WENKE VIR DIE GEBRUIK VAN BESKUITKRUMMELS
Luzahnne Burger:
Idees om beskuitkrummels te gebruik, asb?
Sweeny Thorne:
Ek maak ‘chocolate brownies’ met al die beskuitkrummels en gebreekte Marie- en Tennis beskuitjies.
Chocolate Brownies:
- 2 eggs, lightly beaten
- 1 cup margarine
- ¾ cup sugar
- 3 tablespoons cocoa powder
- 1 teaspoon vanilla essence
- 450 g broken biscuits
Heat all the ingredients except the biscuits in a large pot over low heat.
Remove mixture before it begins to simmer.
Add biscuits and press mixture into a greased 30 x 25 cm dish.
Allow to cool before cutting into blocks.
Optional:
Melt 100 g dark chocolate with 1 tin caramel to use as topping.
Rita Rust:
Eet dit saam met jogurt en vrugte vir ontbyt.
Cornell Amorim:
Ek sprinkel dit oor my jogurt.
Esmeralda Van Rensburg:
As dit soet is, gebruik dit vir ‘n tert kors, maak fyn, meng met gesmelte botter en druk onder in tert pan vas. Maak vulsel van jou keuse en voeg die krummels by.
Bryn Hunter:
Ek hou van al die krummels in ‘n koppie koffie. Dit lyk soos stew, maar ek love dit.
Susan Vermaak:
Ek self eet dit ook as pap met melk oor, dis heerlik. 😋
Rina Kleinhans:
Ek sit dit in my volgende beskuit in die plek van muesli.
Rina Maritz:
Ek maak my tertkorse daarmee. Nou net melktert vir gesin gemaak.
Retha Winterbach:
Die kinders eet dit met melk en suiker soos pap.
Lynette Grové:
Maak broodpoeding en meringue bo-op.
Grieta Herbst Meyer:
Ek het al eier geklits, dan vark of skaap tjoppies, hoender of steak daarin gedoop, en dan in die krummels gedruk. Braai die vleis. Heerlik.
Sonja Mouton:
Krummel tenderised steak. Eers meel, eier dan krummels en braai in warm olie. Nie te lank. Net tot goud bruin. Ek braai myne op no 5 op stoof. Dis nou as jy genoeg krummels het☺️😁
Amanda Taylor:
Ek gebruik dit as ek frikkadelle maak.
Foto: Stien Rust