WENKE OM TAAI KOOKVLEIS SAG TE KRY
Surina Bezuidenhoudt:
Hoe kan ek taai beesvleis sag kry vir stowe.
Tineke Martin:
Hierdie is ‘n metode wat ons al vir maklik 100 jaar of meer gebruik vir skaapvleis en enige ander “ou” vleis.
1 teelepel olie / botter / vet gesmelt in pan, braai die vleis vinnig tot bruin, haal af van stoof, stel die hitte op laag, (3 op ons stoof). Voeg bietjie kookwater in die pan/pot tot die vleis net net toe is onder water, plaas die deksel op. Kook tot droog en die vleis begin “sizzel”. Draai die vleis om, voeg weer kookwater oor die vleis, herhaal die proses. Voeg speserye oor die vleis wanneer dit begin “sizzel” en kook nog +- 10 minute. Teen die tyd sal jy alreeds die vleis kan sny met’n vurk. Onthou om seker te maak dat die vleis sag is voor jy die speserye byvoeg, dit werk regtig.
Hierdie resep is al van my groot oumie se dae.
Marilea van Staden:
Ons het een keer buffel steaks persent gekry maar dit was so taai jy kon “tyres” maak daarvan. Die persoon gee ons raad om groen papaja te sny en met skil en pitte onder in ‘n bak te plaas, pak die vleis bo-op die papaja en pak nog papaja bo-op die vleis en laat dit oornag lê. Ek kan beslis sê, dat daai steaks die volgende dag so sag soos lamsvleis was. Dit werk fantasties.
Bennie van Nieuwenhuizen:
Lank en stadig prut. Ek gooi altyd n koppie rooiwyn by my stowevleis.
Louisa Mans:
Wanneer jy voel die vleis is nog nie sag genoeg nie, giet ‘n koppie melk by en laat baie stadig prut vir omtrent 30 min, toets die vleis en indien nog taai, prut net nog langer.
Dit gaan snaaks lyk wanneer die melk begin kook , amper asof dit skif , maar roer net bietjie, jy sal nie glo hoe lekker sag jou vleis uitkom nie. Dit hang net af hoeveel vleis jy in die pot het, met ‘n stukkie steak gooi ek minder melk in, met meer vleis ‘n bietjie meer melk. Jy sal later self agterkom hoeveel jy moet gebruik. Glo my maar dit werk, ek braai soms steak en indien dit nog taai is, voeg ek melk by en prut tot die melk weggekook is, dit maak ook ‘n heerlike sous.
Annetjie Mcd:
Meng die wit van een eier en 1 eetlepel maizena. Plaas die stukkies vleis daarin, werk goed deur met jou hande en marineer vir 30 min. Nie meer as 30 min nie, want dit verander die tekstuur van die vleis.
Cecelia Steenberg:
Put in half a packet of yeast.
Maureen Havenga Fourie:
Ek het by iemand geleer om koeksoda by te voeg, hang af van die hoeveelheid vleis, ongeveer ½ teelepel en kook genoeg vir vries. Ek eet nie eers vleis nie, maar het so vir my dierbare dogter gekook toe sy op varsity was, sy doen dit ook nou so.
Hennie Kruger:
Soak the meat in lemon juice.
Rina Kleinhans:
Lank en stadig kook of gebruik die stoompot, werk baie goed.
Foto: Gideon Louw