WENKE EN RESEPTE VIR PANNEKOEK SONDER BAKPOEIER
Jeanne Van Heerden:
Maak ‘n deeg aan met 4 koppies koekmeel en net genoeg louwarm water tot ‘n gladde deeg vorm. Skei 4 eiers, voeg die eiergeel, 2 eetlepels olie en ‘n knippie sout by die deeg en meng deur. Klits die eierwitte styf en roer dit by die deeg. Laat staan vir ‘n uur voordat jy begin bak.
Tracy Young:
Never made pancakes with baking powder ever before and never had any issues.
Just 1 cup cake flour, 1 cup milk, pinch of salt, 1 egg, 1 teaspoon oil, 1 teaspoon vinegar and enough cold water to make a thin batter.
Elzette Olivier Jacobs:
Tracy Young, exactly my recipe but I add a tot of brandy to the batter and you won’t believe the velvety taste you get.
Duran Stevens:
The egg and vinegar helps too make it a fluffy pancake.
Janetta Reid:
Ek het nog nooit bakpoeier in my pannekoek gebruik nie. Jy kan helfte melk en water gebruik en 2 eiers per koppie meel. Ek klits water, melk, eiers en olie saam en voeg die gesifte koekmeel en sout by en klits goed deur.
Marietjie Human:
My ma het die beste pannekoek gebak net met 1 koppie koekmeel, sout, water, 2 eiers geskei en eierwit styfgeklop en laaste bygevoeg. Heerlik lig. Geen olie of bakpoeier nie.
Dilia Mouton:
- 4 eiers
- 1 liter water
- 500 g bruismeel
- knippie sout
- 1 koppie kookolie
- 1 eetlepel suurlemoensap
Klits die eiers en water saam tot gemeng.
Voeg die meel, sout, olie en suurlemoensap by en klits alles goed saam.
Giet die deeg met ‘n tregter in ‘n 2 liter bottel en bêre tot wanneer benodig.
Ek het die deeg al tot 4 weke gebêre.
Rina Kleinhans:
Wanneer mens eierwitte oor het en nie weet wat om met dit te maak nie, is hierdie ‘n goeie alternatief.
Ek het hierdie eierwit pannekoek gebak met 3 eierwitte. Dit is ‘n klein resep en het net 6 pannekoek gekry. Hierdie tipe pannekoek sal perfek werk vir lasagne. Ons het sommer met kaneelsuiker geëet, maar mens kan dit ook bedien met maalvleis of enige vulsel.
EIERWIT PANNEKOEK
- 185 ml koekmeel of “nutty wheat” meel
- 185 ml melk
- 3 eierwittte
- knippie sout
- 20 ml kookolie
Meng al die bestanddele goed saam en bak soos pannekoek.
Spuit die pan met kleefwerende kossproei of gebruik baie min olie.
Hierdie resep lewer so 5 – 6 pannekoeke.
Bedien met kaneelsuiker of vulsel van jou keuse.
Resep getoets en foto: Rina Kleinhans