WENKE EN RESEPTE VIR EIERVRUG (BRINJAL)
Elmarie van der Merwe:
Sny die eiervrug met skil in skywe. Sprinkel sout oor en laat lê dit ‘n rukkie. Sal begin “sweet”. Spoel die skywe onder water om die sout te verwyder en droog die eiervrug af met kombuispapier. Doop die skywe in meel, dan geklitse eier en dan in gegeurde meel. (Soos gebraaide vis). Of enige tipe beslag wat jy van hou. Braai in vlak olie, plaas op kombuispapier om te dreineeer. HEERLIK.
Bianca-anne Koen:
Sprinkel eers sout oor die gesnyde eiervrug en laat dit “trek” vir 15 minute. Spoel die eirvrug af en bak met uiesmoor en kaas oor in die oond.
Dorea Fischer:
Dankie. Maak die skil dit nie bitter? En maak jy dit net voor ete? Soos gebakte aartappels?
Elmarie van der Merwe:
Nee skil maak dit nie bitter nie. Gee net ‘n mooi kleur. Die geheim is om die sout storie eers te doen. Dit verwyder die bitter smaak. Daarna kan jy dit regtig op enige manier gaarmaak. Met tamatie en uiesmoor of gebraai saam met groente en spek. Braai dit kort voor etenstyd.
Dennise Rabie:
Ek sny myne in die lengte deur, ongeveer 1 cm skywe. Sny op elke skyf ‘n “criss cross” patroon, nie heeltemal deur nie, dit lyk soos diamant blokkies.
- Maak ‘n marinade:
- 50 ml Worcestersous
- 15 ml suurlemoensap
- fyn gerasperde suurlemoen skil, as jy het
- 5 ml sout
- vars knoffel na smaak
- sout
- bietjie rissie spyserye, opsioneel
- 5 ml braaispeserye
- klein bietjie olie
Verf die marinade aan beide kante van die eiervrugskywe en laat dit marineer vir ‘n rukkie in ‘n bak.
Braai die eiervrugskywe op oop kole tot bruin. Heerlik. (Foto 2)
Mariaan Visser:
Ek het vir ‘n Italiaanse “count” en sy Franse vrou gewerk. Eiervrug was een van hulle gunsteling groente.
Sny die eiervrug in baie dun skywe. Strooi bietjie sout oor en laat rus. Spoel die sout af en droog die eiervrug goed op kombuis papier.
Neem n yster “griddle” pan en spuit met kleefwerende kossproei en verhit die pan op die stoof.
Bak die skywe op die baie warm pan, die rook kan maar draai, die eiervrug moet mooi patrone vorm van die pan. Moenie bo-op mekaar plaas waneer dit klaar gebraai is nie, dan raak dit sag.
Bedien met ‘n doopsous van jou keuse.
Die doopsous wat hulle saam met dit geëet het, was gekookte tamaties, knoffel, rissie, sout, peper en vars basiliekruid blare. opgesny.
Yvette Cilliers:
Wil graag weet of iemand kan help. Ek vrek oor eiervrug, maar dit is elke keer regtig te olierig vir my, al dreineer ek dit of sit dit op bruinpapier om te dreineer. Het iemand dalk ‘n beter manier om dit in ‘n pan met olie gaar te maak? Asb en dankie.
Susan Sussiena Wagenaar Mitchell:
Beste om dit in die oond te rooster met ‘n baie dun lagie olie opgesmeer. Ek maak Griekse mousaka met die eiervrug en dis heerlik.
Jacques Marianne Van Niekerk:
Sny skywe, sprinkel sout oor en laat staan ‘n ruk tot die pitte begin verkleur. Spoel die sout af en druk die eiervrug droog met kombuispapier. Plaas koekmeel in ‘n sakkie en voeg die eiervrugskywe in die sakkie, skud goed totdat die eiervrug bedek is met die meel. Doop die meelbedekte skywe in ‘n degie, soos vir vis en braai die skywe in vlak olie.
Maryke Jonck:
Ek maak eiervrug op die George Foreman, lekker vinnig. Andersins bak ek dit in die oond met bietjie olyfolie en sout.
Elsabie Templeton:
Sny in ongeveer 2 cm dik skywe, plaas die skywe in ‘n oondpan, smeer albei kante van die eiervrugskywe met olyfolie met ‘n kwas (dit trek onmiddelik in) en rooster tot dit begin verbruin. Dit is die enigste manier wat ek gebruik om die eiervrug net so te eet, met selderysout of om melanzanne of mousaka te maak. Ek doen ook nie meer die sout, afspoel en afdroog metode nie.
Emmerentia Coetzer Olivier:
Ek sny die eiervrug met skil in skywe, strooi sout en peper oor, plaas in ‘n pan en sprinkel ‘n bietjie olyfolie oor. Bak in die oond teen 180ºC tot sag. Dis heerlik. Jy kan dit saam al jou groente in die oond bak.
Hilton Gilbert Peter Powell:
Gebruik slegs Kokosneut- of palmolie om mee te braai, Sny dit in 3 cm skywe en draai gereeld om tot sag.
Peet Strijudom:
Ons braai dit ook met olyfolie hier in Taiwan, met fyn gerasperde knoffel.
Rina Engelbrecht:
Sny die eiervrug in die helfte deur en stoom in die mikogolfoond tot sag. Plaas die gestoomde eiervrug in ‘n oondvaste bak en voeg uie, tamatie, knoffel, sout, peper en gerasperde kaas bo-oor en plaas onder die rooster element in die oond totdat die kaas gesmelt is. Heerlik.
Laurika Crouse:
Ek sny gewoonlik my eiervrug in blokkies en braai dit saam met tamatie, uie en groen soetrissie. En net voor opdien, rasper ek ‘n bietjie kaas bo-oor. Dit smaak wonderlik.
Char Manning:
Brush eggplant slices with oil before you fry them, rather than frying them in oil.
Wilhelmina Getruida Oosthuysen:
Ek skil die eiervrug, sny in blokkies, kook sag met min water en laat bietjie afkoel. Meng eier, meel en bakpoeier by om ‘n deeg te vorm soos vir vetkoekies. Bak lepels vol in olie. Vries goed.
Anel Engelbrecht Portela:
Skil die eiervrug, strooi sout en peper, plaas die skywe in ‘n sakkie met meel en skud goed. Bak die skywe in olie. Heerlik en “crispy”.
Ella Simpson:
Sny die eiervrug in skywe. Pak saam met skywe tamaties en gebraaide uie in lae in ‘n glas oondpan. Strooi bietjie meel, sout en peper oor. Maak ‘n pakkie sampioen soppoeier met een koppie melk aan en giet dit oor die gereg. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak in die oond op 180ºC vir ongeveer 35 – 40 min.
Ané Reinhardt:
Ons maak dit as bygereg. Skil die eiervrug, sny dit in ringe en strooi bietjie sout oor. Doop die ringe in meel, dan geklitste eier en dan weer in meel (soos wat jy steak met kombersies maak) en braai die eiervrug ringe in ‘n pan tot bruin aan beide kante. Geur met sout en peper na smaak.
Mariaan Visser:
Ek maak kerrie met brinjal, heerlik. Braai uie en voeg al die kerriespeserye (kerrie, borrie, fyn koljander, cumin, naeltjies, pypkaneel, gemmer, kerrieblare) by die uie en braai saam. Skil en sny tamaties en voeg by die uiemengsel. Skil aartappels en brinjal en sny in blokkies. Voeg die brinjal- en aartappelsblokkies by die kerriemengsel. Kook totdat al die bestanddele lekker sag is. Bedien met rys. Lekker vegetaries. Ek is ‘n diabeet en maak dit gereeld vir myself. Ek laat die rys weg en eet dit net so alleen. Baie vullend en gesond en hou die suiker lag.
Laura Coetzer:
Sny in die eiervrug in ongeveer 5 mm dik skywe, strooi sout oor en plaas eenkant in ‘n bak vir omtrent 15 min sodat die bitter vrank smaak kan onttrek. Spoel deeglik af onder water. Strooi liggies meel oor die eiervrugskywe en bak in olyfolie tot ligbruin en gaar. Kook intussen ‘n tamatie- en uiesmoor in ‘n potjie op die stoof asook maalvleis eenkant gaar volgens eie smaak. In ‘n oondvaste bak, pak lae eiervrug, maalvleis en tamatiesmoor. Herhaal die lae totdat al die bestanddele klaar is. Rond af met ruim hoeveelheid gerasperde kaas en bak vir ongeveer 20 – 30 minute. HEERLIK!!!! ps… moenie die knoffel, kruie en speserye in die maalvleis vergeet nie.
Mariaan Visser:
Ek het vir Jode gewerk en geleer om van brinjal, ‘n doopsous te maak.
Stoom die brinjal met skil in die mikrogolfoond vir ongeveer 7 minute. Laat dit afkoel en verwyder die skil van die brinjal. Plaas die brinjal, hardegekookte eier, gekapte uie, pietersielie, sout en peper in ‘n voedselverwerker en verwerk totdat dit goed fyn is. Skep in ‘n opdien bakkie en roer ‘n bietjie mayonnaise by na smaak. Die doopsous word saam met kraakbeskuitjies vir ‘n voorgereg bedien.
Petro Borchard:
My man se (enigste) groentevoorkeur is eiervrugskywe, gekrummel en gebraai.
Ek is altyd verbaas as ek hoor mense kla dat hulle krummellaag nie vasklou nie (aan eiervrug of enige iets anders). Hier is my metode (nie regtig ‘n resep nie).
Sny die eiervrug in 1 duim skywe. Strooi liggies met sout en laat staan die skywe vir 30 min. Skraap die sout met ‘n mes af. Of dit nou regtig help om die bitter uit te trek, kan ek nie waarborg nie, maar dit voorkom dat die eiervrug pap word en ook om te verhoed dat dit te veel olie opsuig en terselfdertyd geur dit die eiervrug.
- Kry gereed in 3 borde in hierdie volgorde:
- gegeurde koekmeel
- geklitste eier
- broodkrummels (ek gebruik ‘n weergawe wat vergelykbaar is met Panco)
Die meel is die geheim om die deeg vas te laat klou.
Doop die skywe in daardie volgorde in die 3 borde, indien jy ‘n dikker laag verkies, herhaal die proses.
Braai die bedekte eiervrugskywe in klein bietjie olie, net om die krummels die verlangde kleur te gee. Plaas die gebraaide skywe in ‘n warm oond om deurgaar te bak, sonder om die spulletjie te verbrand. Geniet dit.
Regina Badenhorst:
Voeg ¼ teelepel asyn in die olie, wanneer jy enige iets in diepolie braai met krummels of ‘n deeg, dan val die krummels of deeg nie af nie.
Sandra Grobler:
Ons braai eiervrug op die stoofblad. ‘n Turkse vriend van my het ons gewys hoe en dit is heerlik en vinnig. Ons het ‘n glas hob. Plaas die heel eiervrug met skil en al op die stoof, stel die stoofplaat aan en draai die eiervrug gereeld sodat dit eweredig warm word. Die skil gaan swart brand, dit is reg. Verwyder die eiervrug van die hitte en verwyder die skil. Druk die eiervrug fyn en voeg sout en peper. Hy het dit saam met basmatie rys en skenkelkerrie bedien. Awesome.
Adam Cloete:
Jy kan die eiervrug natuurlik op die kole ook doen. Dan kry dit ‘n “smoky” geur.
Elsabie Templeton:
I fry the brinjals until they start going soft, then pack them into an oven dish in layers with a thick white cheese sauce (made with Parmesan cheese) and a homemade thick Napolitana (tomato) sauce and end with a white sauce layer. Sprinkle dried bread crumbs mixed with grated Parmesan on top and bake at 180ºC for 30min. The most delicious Melanzanne alla Parmigianna.
Tilana Nel:
Cut eggplant in thin slices. Set on tray and sprinkle with salt on both sides to extract extra water from the eggplant. Rinse and place on a baking tray. Bake in a medium to hot oven. Turns crispy like chips. Very nice. Even people who don’t like eggplant, will enjoy this.
Debbie Charlton Cunningham:
Prick the eggplant and pop them in the microwave, cook until it’s soft. Cut the eggplant open and eat with butter or garlic butter.
Suryna van der Walt:
Ek het 2 medium vrugte geprik. In ‘n sak geplaas en met water gesprinkel en 10 minute op 100% krag in die mikroglofoond gekook. Verwyder uit die mikrogolfoond en bietjie laat staan om af te koel. Die pulp uitgeskep en fyner gesny. Ina parman se knoffel en rissie speserye oor gesprinkel en klein bietjie botter. Heerlik.
Franco Dippenaar:
Die geleerde manier is om eiervrug op te sny, sout te sprinkel en in ‘n vergiete oor ‘n bord of wasbak te laat staan vir ‘n halfuur, sodat die bitter sap kan dreineer. Was die eiervrug onder koue lopende water om van sout ontslae te raak. Jy sal die verskil in smaak dadelik agterkom.
Debbie Charlton Cunningham:
Another way to make delicious Brinjal’s. Wash and prick the whole fruit and place in a bowl in the microwave. Cook on high until cooked all the way through (prick with a knife if you want to make sure it’s done), cover for a moment. Cut in half, lengthways and add butter and seasoning, mashing up the insides slightly. Serve. It’s yummy!! You can also add garlic and any other seasoning you fancy.
Frikkie Jones:
Sny die eiervrug in skywe en sout dit om die bitter uit te trek. Laat dit 15 min in ‘n vergiettes staan. Vee die snotterigheid van die eiervrug af met handdoekpapier MOENIE AFSPOEL NIE, eiervrug is soos n spons.
Verf die eiervrug met olyfolie, rooster, in ‘n enkellaag, in die oond by 200⁰C vir ongeveer 15 min tot dit ‘n diep grys kleur kry. Draai die skywe om en rooster nog 15 min. Plaas die eiervrug in ‘n opdienbak, skep ‘n sous van jou keuse oor die warm eiervrug, plaas ‘n deksel op die bak met die eiervrug met sous terwyl dit nog warm is, sodat dit kan sag stoom en die geure kan deurtrek.
Patricia Scholtz:
Ek maak die eiervrugskywe gaar soos jy vis gaarmaak. Dan maak ek ‘n kerrievissous en plaas die gebakte eiervrug in die sous. Jy eet jou vingers af!
Foto 1: Koos van der Merwe
Foto 2: Dennise Rabie