WENK VIR DIE VARS HOU VAN GEMMER
Koop groot stukke vars gemmer en vries dit.
Haal dan uit en rasper soos benodig vir ‘n resep.
Jy hoef dit nie eers te skil as jy dit rasper nie.
Daar is geen harde, draderige stukke of sap nie en dit rasper baie maklik.
Op hierdie manier het jy altyd gemmer as ‘n resep daarvoor vra, wat baie beter smaak as die plastiek botteltjies van die winkels-en wat oorbly, gaan net terug vrieskas toe.
Wenk geplaas deur Ilze Gabers Jacobs
Foto: Ilze Gabers Jacobs