Your Recipe Blog

WENK VIR BERGING VAN VARS VYE

WENK VIR BERGING VAN VARS VYE

Vyetyd!! As die vye te vinnig te veel raak, dan doen ek die volgende.

Pluk vye wat uitgeswel is, maar nog nie baie sag is nie.
Kook ‘n pot water met ‘n knippie sout in. Sodra dit vinnig kook, plaas vye in pot.
Sodra die water net weer begin kook, gooi alles deur ‘n vergietes en spoel bietjie onder lopende koue water. Dreineer.
Pak uit op bakplate (ek sit silikoonvel onderin).
Vries net so.
Sodra die vye kliphard gevries is, kan jy alles in sakkies pak en verseël.
So, dan het ek nog vir maande “amper vars” vye wat heerlik is in voorgeregte soos vye met kaas en prosciutto-ham wat gebak word in die oond, of in nageregte gebruik kan word.

Wenk en fotos: Laetitia Burger

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page