Your Recipe Blog

WEETBIX PIESANG MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minute

WEETBIX PIESANG MUFFINS

  • 3 – 4 ryp piesangs
  • 4 Weetbix
  • 180 ml melk
  • 2 – 3 eiers
  • 80 g margarien
  • 360 ml bruismeel
  • 30 ml bruinsuiker

Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n 12 houer muffin pan met spray n cook.
Druk die piesangs grof fyn en krummel die Weetbix. Voeg by die melk en sit eenkant om sag te raak.
Meng 2 eiers met die margarien en voeg dit by die melkmengsel en meng dit goed deur.
Voeg die meel en suiker by en meng goed deur tot al die meel ingewerk is.
Breek nog ‘n eier oor die mengsel en meng in.
Vul die muffin pan met die Weetbix piesangmengsel en plaas in die oond vir 20 – 25 minute.
Laat rus ‘n paar minute in die pan voor die muffins uitgehaal word.

Nota:
Ek het nou die dag as variasie 45 g aarbei konfyt bygesit.

Resep geplaas deur Johan Rossouw
Foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page