WEETBIX, PIESANG EN AARBEIKONFYT MUFFINS
- 3 – 4 ryp piesangs
- 60 g aarbeikonfyt
- 4 Weetbix stafies
- 180 ml melk
- 3 eiers
- 80 g margarien, gesmelt
- 350 ml bruismeel
- 30 ml bruinsuiker
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit of smeer ‘n 12-houer muffin pan deeglik.
Druk die piesangs fyn saam met die aarbeikonfyt en krummel die weetbix by.
Roer die melk in die piesangmengsel in en laat eenkant om sag te raak.
Klits die eiers met die margarien, voeg dit by die piesangmengsel en meng dit goed deur.
Voeg die meel en suiker by en meng goed deur tot al die meel ingewerk is.
Vul die muffinpan met die mengsel en plaas in die oond vir 20 – 25 minute.
Laat rus ‘n paar minute in die pan voor die muffins uitgehaal word.
Resep en foto: Johan Rossouw