WEBER PIZZA
Pizza op die weber probeer. Hoop dit gaan lekker wees.
- Deeg:
- 5 koppies koekmeel
- 1 pakkie kitsgis
- sout
- 1 eetlepel suiker
- 400 ml warmwater
- Bolaag:
- tamatie en uiesous
- gerasperde kaas
- weense worsies
- varkworsies
- Russians
- uie
- groen soetrissie
Meng die deeg bestanddele en knie vir 10 min.
Laat deeg rys.
Rol deeg uit en plaas op gesmeerde bakplaat.
Bolaag:
Voorverhitte Webber, warmste hitte.
Smeer met tamatie en uiesous, sprinkel kaas oor, sny weense worsies, Russians en plaas bo-op die kaas.
Braai ‘n varkworsie en sit ook bo-op deeg.
Kap ‘n ui en groen soetrissie fyn en strooi bo-op.
Indien verkies kan nog gerasperde kaas bo-oor gestoor word.
Plaas die bakplaat in die vooraf verhitte Weber.
Plaas deksel op met die gaatjies oop.
Bak tot gaar.
Resep en foto: David Peyper