Your Recipe Blog

WAYNE SE TANNIE SE BOELIE-BIEF TERTJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 - 25 minutes | Servings: 4 dosyn tertjies

WAYNE SE TANNIE SE BOELIE-BIEF TERTJIES

Resep en foto:  Wayne Dugmore
My tannie het op ‘n stadium vir troues gebak. Al die mense was altyd gaande oor hierdie tertjies. Dit bly tot vandag toe nog een van my gunstelling happies.

  • 1 blik boelie-bief, fyngedruk met vurk
  • 1 groot ui, fyngerasper
  • 2 groot tamaties, fyngerasper
  • 2 eetlepels pietersielie
  • 2 koppies cheddar kaas, gerasper
  • 2 eiers, geklits
  • 2 hoogvol eetlepels bruismeel
  • Rooipeper vir bo-oor (opsioneel)
  • Paprika vir bo-oor (opsioneel)
  • Voorverhit jou ond tot 180°C.
  • Bespuit jou klein cup-cake pannetjies.
  • Meng al die bestandele goed saam.
  • Skep ‘n teelepel vol mengsel in elke klein cup-cake gaatjie.
  • Sprinkel ‘n bietjie rooipeper of paprika bo-oor. Jy kan dit skoon los ook.
  • Bak in die oond tot dit net begin verkleur – so 20 tot 25 minute.
  • Gebruik ‘n klein spatula, of stomppunt mes, om die tertjies los te maak in die pannetjies. Laat dit in die pan staan vir so ‘n minuut – dit help dat die tertjies hul vorm behou (soos die kaas stol).
  • Keer uit en geniet.
  • Nota: 1 blik boelie-bief lewer so 4 dosyn tertjies.  Jy kan hierdie mengsel ook in ‘n groot souttert omskep – dit bak dan net langer. Hou ook maar fyn dop omdat die kaas soms vinnig bruin en hard word.

One Review

  1. Liezel Malan Burger
    Wayne Dugmore ek wil net vir jou se die tertjies is ‘n wenner!!! Dit nou al 2 keer gemaak oor die naweek!!!!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page