Your Recipe Blog

WAYNE SE TAMATIEBREDIE

WAYNE SE TAMATIEBREDIE

  • 3 eetlepels olyfolie
  • 3 uie, blokkies gesny
  • 15 – 20 blokkies lamsvleis, of enige ander rooi vleis
  • 3 knoffelhuisies, gekerf, opsioneel
  • 1 eetlepel varsgemaalde swartpeper
  • varsgemaalde sout na smaak
  • 1 teelepel gedroogde rissie, opsioneel
  • 1 teelepel pimento all spice, opsioneel
  • 200 ml/g tamatie pasta
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 blik tamatie stukke
  • 6 – 8 aartappels, in stukke gesny

Braai die uie in die olyfolie tot bruin. Voeg die knoffel by en braai nog 2 minute. Voeg die lam stukkies (of ander rooi vleis) by en braai tot baie bruin. Voeg die sout, swartpeper, all spice en rissie by en braai vir nog so 2 minute. Roer gereeld.
Voeg 2 koppies warm water by. Sit deksel op en smoor op medium hitte tot water weggekook het. Herhaal 3 keer. Roer gereeld.

Voeg die tamatie pasta en suiker by. Braai vir 5 minute. Voeg die blik tamaties by en kook tot droog. Roer gereeld.
Voeg die aartappels by. Voeg 2 koppies water by en kook tot die aartappels sag is. Roer gereeld.

Nota:
Indien jy nie van brand kos hou nie, verminder die rissie of laat dit uit.
Bedien saam met rys, of rotti, of wat jy ookal begeer!

Resep en foto: Wayne Dugmore

Category:

2 Reviews

  1. Betsie Wasserfall

    Jarelank probeer ek die smaak van my ma se tamatiebredie in die 1960’s op haar Dover houtstoof herskep sonder sukses. Probeer allerhande kruie en speserye tot ek na vele mislukkings besef my ma se bredie se belangrikste bestanddele was TYD en sout en peper, miskien bietjie suiker. Hierdie wenresep van Wayne het my pogings nou ook in wenners omskep. So dankbaar dat ek weer my ma se bredie kan proe met hierdie resep. Soet nostalgie.

    Star
    • Betsie, baie baie dankie vir jou terugvoer, so bly jy geniet die resep…

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page