Your Recipe Blog

WAYNE SE JAN ELLIS POEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min. | Servings: 6 - 8

WAYNE SE JAN ELLIS POEDING

  • Deeg:
  • 125 ml melk
  • 5 ml koeksoda
  • 25 ml sagte botter
  • 30 ml tradisionele/goue stroop
  • 125 ml suiker
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • 375 ml bruismeel

Voorverhit die oond na 180°C.
Los die koeksoda in die melk op en laat dit staan tot nodig.
Meng die botter en die stroop. Voeg die eiers by en meng goed.
Voeg die knippie sout by en meng goed. Voeg die suiker by en meng goed.
Voeg 125 ml van die bruismeel by en meng goed. Voeg nog 125 ml bruismeel by en meng goed.
Voeg die laaste 125 ml bruismeel by en meng goed.
Voeg die melkmengsel by en begin stadig meng tot eweredig gemeng.
Vermeerder spoed en meng tot deeglik gemeng.
Spuit ‘n pyrex bak en giet/krap die mengsel in die bak.
Versprei so eweredig as moontlik tot die bodem bedek is.
Bak vir 25 minute tot mooi goudbruin.

  • Terwyl die poeding bak maak jy solank die sous:
  • 250 g botter
  • 250 ml suiker
  • 250 ml room
  • 250 ml melk
  • 10 ml vanilla geursel

Sit al die bestanddele in ‘n kastrol en verhit oor ‘middelmatige hitte tot die botter en suiker gesmelt is en borrels begin vorm.
Stel die plaat op hoog en sodra dit begin op kook tel jy dit van die plaat af en klop met whisk tot dit weer af sak.
Herhaal dit so 3 of 4 keer.
Giet die sous oor die warm poeding as dit uit die oond kom: eers om die kante en dan die middel, kante en dan middel.
Bedien met room of vla.

Resep en foto: Wayne Dugmore

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5