Your Recipe Blog

WATERBOLLE

WATERBOLLE

Ek deel graag die resep met julle. My ma het dit altyd vir ons gemaak as kinders. Ons het dit waterbolle genoem. Wie ken dit?

  • Deeg:
  • 3 koppies bruismeel
  • 1 houertjie karringmelk (500 ml)
  • Stroop:
  • 3 koppies water
  • 2 koppies suiker
  • 2 kaneel stokke
  • klapper om in te rol
  • olie om in te bak

Kook stroop bestanddele saam tot suiker opgelos het, moenie van die begin af te vinnig kook nie, laat suiker eers oplos, en dan kook jy so 5 min saam.
Meng meel en melk tot ‘n slap degie. Skep lepels vol en sit in warm olie tot gaar en mooi bruin.
Haal uit met ‘n gaatjies lepel.
Doop die bolle in warm stroop en rol in fyn klapper.

Nota:
Ek gooi klapper in ‘n bak met deksel sit die bolle in die klapper en skud.
Ek hou die hitte op die stoof laag en dompel dit in, druk dit so bietjie met die spaan, haal uit en rol in klapper.

Resep en foto verskaf: Belinda Minnie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page