Your Recipe Blog

WATERBLOMMETJIEPOT MET VARKVLEIS

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 75 min

WATERBLOMMETJIEPOT MET VARKVLEIS

  • 500 g varklies, in blokke gesny
  • 250 g vark skenkels, in skywe opgesny
  • 50 ml brandewyn
  • 1 ui
  • 1 seldery stingels
  • 1 groen soetrissie, opgesny
  • 1 brandrissie opgesny met pitte
  • 500 g waterblommetjies
  • 205 ml wit wyn
  • 2 knoffel toontjies, fyn opgesny
  • 10 ml gemmer, fyn opgesny
  • 6 wonderpeper (pimento) korrels
  • 3 naeltjies
  • 1 lourierblaar
  • gemaalde sout en peper na smaak
  • 5 ml gemaalde koljander
  • 15 ml droë orego
  • 10 klein aartappeltjies, gehalveer
  • 5 ml neutmuskaat
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil en sap

Braai vleis tot bruin in bietjie olie. Voeg die brandewyn by tydens die braai proses.
Verwyder die vleis en pak ‘n bed van uie, groen soetrissie en seldery op die bodem van die pot.
Plaas vleis bo-op en voeg die gemmer, wonderpeper, naeltjies, lourierblaar en knoffel by.
Geur met sout en peper, voeg die witwyn by en bedek die pot.
Plaas in ‘n voorverhitte oond teen 180°C of plaas op ‘n staander op kole en laat prut.
Voeg die waterblomme by na so 45 minute en geur met die oreganum.
Laat prut vir sowat 30 minute en voeg dan die aartappeltjies by.
Strooi neutmuskaat oor en voeg nog wyn of water by indien nog vog benodig word.
Die vleis sappe en waterblomme behoort genoeg vogtigheid te verskaf.
Voeg suurlemoensap en skil by wanneer die aartappels sag is en laat prut tot gaar na smaak.

Resep en foto: Johan Rossouw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page