Your Recipe Blog

WATERBLOMMETJIEBREDIE MET LAMSRIB EN -STERTJIES

WATERBLOMMETJIEBREDIE MET LAMSRIB EN -STERTJIES

  • 550 g lamsribbetjies, opgesny in stukke klein kant af
  • 8 lamstertjies, meeste vet afgesny
  • 750g waterblomme, geweek in sout water
  • 1 groen soetrissie, opgesny
  • 1 ui, opgesny
  • 6 wonderpeper korrels
  • 3 naeltjies
  • 2 lourierblare
  • 1 groot knoffelhuisie, fyn opgesny
  • sout en gemaalde peper (moenie skaam wees met die peper nie)
  • 10 ml Worcestersous
  • 500 ml wit wyn
  • 10 – 12 klein aartappeltjies
  • 1 stukkie pypkaneel
  • 1 rissie, opgesny
  • 10 ml droë oreganum
  • neutmuskaat, volgens deskressie
  • 10 ml groentespeserye
  • 10 ml vars gemmer, opgesny of 5 ml fyn gemmer
  • vars tiemie en roosmaryn blaartjies
  • sap van 2 suurlemoene en fyn gerasperde skil van 1

Soteer die soetrissie en uie op die bodem van die pot en rangskik die ribbetjies en stertjies bo-op. Voeg die wonderpeper korrels, naeltjies, lourierblare by en geur met sout en peper. Sprinkel die gekapte knoffel en gemmer oor en die kruie blaartjies.
Giet die wyn langs die kant in sodat die speserye nie af was nie. Bedek en laat prut vir 1 uur of in die oond op 180°C.
Voeg die groter waterblomme by en hou so 150 g klein koppies agter.
Sprinkel die Worcestersous oor saam met die kaneelstokkie, oreganum, rissie en neutmuskaat. Geur met nog gemaalde sout en peper en 5 ml van die groentespeserye. Voeg die res van die wyn of water by.
Bedek vir ‘n verdere uur en voeg dan die aartappeltjies by saam met die res van die klein blommetjies. Voeg water by indien nodig. Strooi ekstra neutmuskaat en res van die groentespeserye oor en laat prut tot sag. Voeg die suurlemoensap en die skil by sodra die aartappeltjies begin sag raak. Roer deur en toets vir nog suurlemoen of sout en peper.

Resep en foto:  Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5