Your Recipe Blog

WATERBLOMMETJIE SKAAPBREDIE

WATERBLOMMETJIE SKAAPBREDIE

Gebaseer op Stefaans Blaauw se resep, Skaaplieskerriepot, ek het waterblommetjies ipv groenboontjies gebruik.
Gebruik ‘n stoompot vir hierdie gereg.

  • 1 kg waterblomme
  • ± 1 kg skaaplies in blokkies gesny
  • 1 ui, fyn gekerf
  • 3 skyfies suurlemoen
  • 1 eetlepel sout
  • 1 eetlepel Rajah Medium kerrie
  • 1 teelepel Italian herbs
  • Kook vleis in blokkies gesny, saam met die volgende speserye:
  • 2 koppies water
  • 1/3 eetlepel swartpeper
  • 1 teelepel “mixed spic”
  • 1 teelepel koljander
  • 1 tot 2 eetlepels Worcestersous
  • 1 tot 2 eetlepels Blatjang

Kook die vleis tot die water weggekook het en vleis in sy EIE VETTE begin potbraai onder die deksel.
Braai vleis in die pot ligbruin. Voeg ui, waterblommetjies en suurlemoenskywe daarby.

Stoom alles saam tot vleis en waterblomme lekker sag is.  Pas vloeistof aan indien nodig.
Geniet saam met ‘n potjie rys, beetslaai, en ‘n patataartappelslaai.

Resep en foto:  Lelane Van Der Walt

4 Reviews

  1. Riaan Bester

    Het gisteraand gemaak. Was heerlik en kan resep ten sterkste aanbeveel. Het met elektriese stoompot gebruik met lamskenkel. Vleis 5 min gestoom en waterblommetjies met aartappel 10 min en druk stadig afgelaat.

    Star
  2. Riaan Bester

    Ja, hoe kry ek die fotos by jou uit?

    • Jy kan dit vir my op Food Lovers Recipe op facebook sit of jy kan dit vir my inbox op messenger asb?

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page