Your Recipe Blog

WATERBLOMMETJIE BREDIE

WATERBLOMMETJIE BREDIE

Die beste en lekkerste Bolandse lentegereg!

  • 800 g skaap-kookvleis
    (skaap is geuriger en sagter as lam) Maak soos ek, indien beskikbaar, en meng met 200 g of meer springbok-kookvleis of takbok of ander wildsvleis. Pas die verhouding tussen die vleise aan na wense.
  • 500 g waterblommetjies, gewas en in bietjie asyn en soutwater geweek.
  • 3 kookaartappels, in blokkies gekerf
  • 2 groot uie, fyn gekerf
  • ± 500 ml lam / beesaftreksel
  • 20 ml Kaaps-Maleise kerriepoeier
  • 30 ml rooiwyn asyn / enige wynasyn
  • 1 hele bol knoffel, gekerf
  • sout en peper

Neem ‘n platboompot (‘Dutch oven’) en verhit bietjie olie en botter. Verbruin die kookvleise in dele.
Verbruin die uie tot glasig in die lekker skaapvetjies wat in die potbodem opgedam het.
Voeg die Kaaps-Maleise kerriepoeier by. Heerlike geure!
Meng die vleis met die uie in die pot. Voeg dalk bietjie kookwater by om ‘n stowery onder in die pot aan die gang te sit. Voeg helfte knoffel by.
Meng die aftreksel en asyn en voeg by. Geur met sout en peper. Prut op matig vir sowat 1,5 na 2 ure.
Voorverhit die oond tot op 200°C.
Voeg die waterblommetjies en aartappels in lae bo-op die vleis en sous, asook res van die knoffel. Geur met sout en peper na smaak en plaas die hele pot met deksel op in die oond vir sowat 40 na 50 minute.

Garneer met suringblomme, klawerblaar en ‘n skeut suurlemoensap.
Bedien met vars roosterkoeke, potbrood met dik botter en ‘n goeie Merlot, met Sonja Herholdt se ‘Waterblommetjies’ vir agtergrondmusiek. O, Skone mooiste Kaap. ♥️

Resep en foto:  Frederik Rudolph van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page