Your Recipe Blog

WASGOEDBONDELTJIES

Recipe by
Cook: 10 - 15 min

WASGOEDBONDELTJIES

  • 250 g roomkaas
  • 250 g sagte botter/margerien
  • 4 koppies koekmeel
  • 500 g maalvleis
  • 1 teelepel sout
  • pietersielie
  • Italiaanse speserye
  • fyn brandrissie, opsioneel

Maak die maalvleis gaar en stoor oornag in die yskas.
Meng die brandrissie, pietersielie en speserye in die roomkaas in.
Klits die botter en roomkaas tot sag en lig.
Sif koekmeel en sout saam en meng met die roomkaas tot ‘n sagte deeg.
Draai toe in kleefplastiek terwyl die vulsel gemaak word.
Rol die deeg dun uit.
Sny vierkante so groot soos verkies.
Skep die vulsel in die middel van die vierkant en vou die hoeke na binne toe. (soos ‘n wasgoedbondel – sien foto).
Druk ‘n naeltjie in elkeen om die punte bymekaar te hou en verf met geklitste eier.
Bak op 220°C vir 10 tot 15 minute.

Resep en foto: Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page