WARM SJOKOLADESOUS VIR ROOMYS
‘n Resep van my ousus wat ek al jare (dink 30+) al maak. Die warm sous is heerlik saam met die roomys. Eenvoudig lekker en lekker eenvoudig om te maak.
- 3 eetlepels kakao
- 1 koppie suiker
- ½ koppie water
- ½ teelepel vanilla geursel
- ½ teelepel fyn kaneel
- knippie sout
- knippie kremetart
- 3 eetlepels margarien of botter, voeg heel laaste by
Kook al die bestanddele behalwe die botter saam vir 5 minute.
Roer die margarien of botter in die warm mengsel.
Hou warm en bedien oor roomys.
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand