WARM SAMPIOENSLAAI
- 500 g sampioene, afgevee
- 50 ml botter
- 50 ml koekmeel
- 15 ml gekapte ui
- 15 ml fyngekapte pietersielie
- 5 ml sout
- 5 ml mosterdpoeier
- knippie peper
- knippie neutmuskaat
- 250 ml room
Sny die sampioene in skyfies en plaas in ‘n gesmeerde oondskottel. Meng die res van die bestanddele.
(Ek smelt die botter eers ‘n bietjie in die mikrogolf en voeg dan die res by)
Smeer mengsel oor sampioene en gooi room bo-oor.
Bedek met foelie of sit deksel op.
Bak vir 40 min teen 180°C.
Roer 3 – 4 keer deur tydens die bakproses.
Proe of sout en peper voldoende is, anders moet jy nog by sit.
Nota:
Heerlik saam met braaivleis.
2de foto het ek kaas oor gerasper en net laat smelt – altwee is baie lekker.
Resep geplaas deur Meisie van der Colff
Foto: Sarie Van Vuuren
Sarie Van Vuuren
Ek kan dit aanbeveel dit heerlik verby met of sonder kaas gaan dit beslis maak vir as ons braai die naweek