WARM RISSIE PILCHARDS VISKOEKIES
- 1 blik pilchards hot chillies vis
- 1 groot ui, opgesny
- 1 soetrissie
- 1 knoffelvingertjie, fyn gekap of gerasper
- 1 koppie koekmeel
- 1 eier
- sout en pepper na smaak
- olie vir bak
Meng alles in ‘n bak tot ‘n deeg vorm.
Verhit pan met klein bietjie olie, skep lepels vol van die beslag in die olie en bak tot bruin.
Nota:
Pasop dat die olie nie te warm is en die koekies te vinnig bruin word en nog rou is binne nie.
Heerlike peusel happie vir ‘n Saterdagaand fliek.
Geniet dit.
Resep en foto: Nadine van Jaarsveld