WARM PESTO PASTA
- ½ pakkie rou pasta
- 1 rooi soetrissie, in blokkies gekap
- 2 shallots, gekap
- 1 pakkie spek mini Cheddars, verkrummel
- 4 eetlepels basil pesto
- 1 hand vol baba spinasie blare
Terwyl die pasta kook in goed gesoute water, braai die rooi soetrissie en shallots saam tot lekker donker.
Sodra die pasta gaar is, giet die water af en gebruik die pasta net so warm.
Voeg die spinasie blare en pesto by en roer deeglik todat die spinasie verwelk.
Voeg nou die gebraaide soetrissie, shallots en gekrummelde koekies by en roer deeglik.
Bedien warm.
Resep en foto: Johann Barnard