Your Recipe Blog

WARM PASTAGEREG

Recipe by
Cook: 20 minute | Servings: 6 porsies

WARM PASTA GEREG

  • 250 g pasta, sag gekook
  • 400 g spek
  • 400 g Escourt kaas Russians
  • 1 ui, fyngekap en gebraai
  • 125 ml gerasperde kaas
  • 1 ml paprika
  • 2 ml pietersielie
  • 600 ml witsous gemaak van die volgende:
  • 120 g stork margarien
  • 125 ml koekmeel
  • 500 ml melk

Witsous:
Smelt die margarien in ‘n pot op die stoof, roer die koekmeel by en meng goed.
Plaas op die stoof en voeg die melk by. Klits baie goed op lae hitte sodat die sous verdik en geen klonte vorm nie. ( mens kan dit ook in die mikrogolf maak)
As die sous te styf is gooi nog melk by.

Sny spek in stukkies en braai saam ui, braai die cheese russians vir 5 minute in olyfolie. Sny die Russians in sirkeltjies.
Meng die  witsous en al die ander bestanddele by behalwe kaas.
Strooi kaas laaste oor en bak vir 20 minute by 180 ºC.

Nota:
Dis baie lekker. Die resep is genoeg vir 6 mense as jy n slaai bysit.

Foto en resep: Magde van der Kolff

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page