Your Recipe Blog

WARM HOENDERSLAAI

WARM HOENDERSLAAI

  • 3 hoenderborsies, ontbeen en in die helfte deurgesny (met ander woorde, dunner gesny)
  • 2 gekleurde soetrissies, ontpit en in stukke gesny
  • 1 klein botterskorsie, afgeskil en in blokkies gesny
  • 1 klein slaaikoppie waarvan die blare geskei is
  • 2 medium grootte tamaties, in klein stukkies gesny
  • 1 kleinerige komkommer, in skywe gesny
  • 6 of meer skoongemaakte knoffeltoontjies
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • sap van ‘n halwe suurlemoen
  • sout en peper na smaak
  • olyfolie
  • Fetakaas vir garnering

Plaas die botterskorsie blokkies op ‘n bakplaat saam met die knoffeltoontjies en sprinkel met olyfolie. Bak in die oond by 200ºC vir 20 tot 30 minute, tot die botterskorsies sag is.
Geur die hoenderstukke aan beide kante met sout en peper. Sprei ‘n groot nie-kleef-pan met ‘n nie-kleef kooksprei en plaas oor hoë hitte. Bak die hoenderstukke vir 3 minute aan albei kante of tot ligbruin en deur gaar. Plaas oor op ‘n bord.
Sprei die pan met nog ‘n bietjie kook sprei en braai die soetrissis tot dit begin sag word.

Rangskik die slaaiblare, tamaties, komkommer, soetrissies en die botterskorsie en knoffelmengsel in ‘n opdienbak. Sny die hoenderstukke in skywe en rangskik dit bo-oor die slaai. Besprinkel met balsamiese asyn en suurlemoensap, geur met sout en peper indien nodig, krummel ‘n bietjie fetakaas bo-oor en bedien.
Dit is net so lekker om dit koud te bedien.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page