Your Recipe Blog

WARM AARTAPPELSLAAI MET KNOFFEL

Prep: 15 minute | Cook: 35 minute | Servings: 4 - 6 mense

WARM AARTAPPELSLAAI MET KNOFFEL

Ek het gisteraand die slaai gemaak wat ons saam met skaaprib geëet het wat in die oond gebak is.
  • 4 – 6 groot aartappels
  • 250 g ontbytspek, gekap
  • 100 ml olie
  • 2 middelslag-uie, gekap
  • 4 knoffeltoontjies
  • 75 ml blatjang
  • 75 ml witwynasyn
  • 15 ml mielieblom (Maizena)
  • 250 ml melk

Kook die ongeskilde aartappels in sout water tot gaar.
Trek die skille af en sny in die aartappels in blokkies. Hou warm.
Braai die spek in ‘n bietjie olie. Skep uit die pan en voeg by die aartappels.
Soteer die uie en knoffel tot gaar in dieselfde pan. Voeg die res van die olie, blatjang en asyn by die uie.
Kook twee minute onbedek by lae hitte.
Meng die mielieblom met die melk en meng dit in by die uiemengsel terwyl jy vinnig roer.
Meng die aartappels en spek liggies, skep die uiesous bo-oor en meng weer.
Die slaai moet warm voorgesit word.
Die gereg kan as slaai geniet word, of as bykos saam met braaivleis.

Resep aangepas en foto’s: Louisa Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page