WAFELS MET IDEAL MELK
- Beslag:
- 1½ koppie koekmeel
- ½ koppie botter gesmelt
- 1½ koppie ideal melk
- 2 teelepels bakpoeier
- 2 groot eiers geskei
- knippie sout en neut
Voeg eiergele by melk en klits.
Sif droë bestanddele saam en meng eiermengsel by.
Klits eierwitte styf en vou by mengsel in.
Voeg heel laaste die gesmelte botter by en meng goed.
Skep groot lepels vol in warm wafelpan en bak tot goudbruin.
- Stroop:
- 2 koppies suiker
- ½ eetlepel botter
- 1 koppie water
- 1 eetlepel gouestroop
- 1 teelepel vlapoeier
- 1 teelepel karamel geursel
Kook alles saam in mikrogolf tot suiker gesmelt is.
Skep warm stroop oor die wafel en bedien met room of roomys.
Resep: Sanet Stoltz Muller
Foto: Suenell Liebenberg