Your Recipe Blog

WAATLEMOENSKIL BLOKKIES EN GEMMERKONFYT

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 500 - 550 ml

WAATLEMOENSKIL BLOKKIES EN GEMMERKONFYT

  • 1 kg waatlemoenskil blokkies, groen verwyder
  • 800 g witsuiker
  • vars gemmer na smaak, in klein blokkies gesny (Ongeveer 2 – 3 cm)
  • 50 ml suurlemoensap
  • 15 ml botter
  • 250 ml water
  • 2.5 ml karamel geursel

Skil die waatlemoenskil se groen gedeelte af. Indien verkies kan ‘n klein lagie van die rooi gelos word, soos op die foto, anders kan jy die rooi ook heel weg sny. Sny die skil in klein 1 by 1 cm blokkies. Plaas in ‘n pot met water en ‘n knippie sout, en kook vir ongeveer 20 min of tot die blokkies sag is, maar nie pap nie.
Dreineer die water af.  Neem die helfte van die blokkies en sit in die voedselverwerker tot baie klein blokkies maar nie ‘n “moes”  nie.
Plaas die fyn blokkies saam met die groter blokkies in die pot en giet die suiker en 1 koppie water oor. Laat staan die blokkies met die suiker totdat die suiker heeltemal gesmelt het, en ‘n stroop gevorm het.
Plaas die blokkies op die stoof, voeg die gemmer, botter en suurlemoensap by, en kook op redelike vinnige hitte tot die stroop reg toets op ‘n yskoue piering. Die stroop kook redelike vinnig af. Voeg die karamel geursel by en roer deur.
Bottel warm in voorbereide bottels.

Nota:
Indien verkies kan die gemmer verwyder word, maar ek bottel dit saam vir ‘n heerlike sterk gemmer smaak.

Hierdie hoeveelheid maak ongeveer 500 – 550 ml konfyt.

Resep en foto: Rina Kleinhans
Foto is sonder die klein blokkie.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page