Your Recipe Blog

VULSEL VARIASIES VIR MELKTERT OF CREME PATISSERIE EN CREME DIPLOMAT

VULSEL VARIASIES VIR MELKTERT OF CRéME PATISSERIE EN CRéME DIPLOMAT

  • Melktertvulsel:
  • 750 ml melk en 250 ml melk
  • ½ koppie suiker en ¼ koppie suiker
  • 45 g botter
  • knippie sout
  • kaneelstokkie
  • 85 g mielieblom (Maizena)
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 6 eiergele
  • Créme Patiserrie
  • laat die kaneelstok weg om bakkersvla te maak
  • Créme Diplomat
  • 500 ml room, styf geklits

Verhit 750 ml melk tot “scalding temperature” saam met ‘n ½ koppie suiker, die botter, ‘n knippie sout en ‘n kaneelstokkie.
Meng intussen die mielieblom, ¼ koppie suiker, 250 ml melk, vanilla geursel en eiergele.
Temper die melkmengsel in die eiermengsel in en giet terug in die kastrol.

Nota:
Ek verkies ‘n gietyster pot wat ge-enamel is. Dit hou dit hitte konstant.
Roer af en toe met ‘n whisk. Sodra die mengsel dik is, laat kook 2 min en roer stadig.
Moet nie wild roer nie. Giet in plat oondskottel en “surface cover” met kleefplastiek.
Laat afkoel tot lou. Meng met ‘n whisk tot net glad, verwyder die kaneelstok en skep in ‘n voorbereide kors vir ‘n heerlike melktert of spuit in voorbereide doppies vir klein tertjies.

Nota:
As jy die kaneelstok uitlaat het jy bakkersvla (crème Patisserie).
As jy die room styfkilts en invou by die koue Créme Patisserie, het jy Créme Diplomat.

Resep en foto: Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5