VULLENDE KASSLERSLAAI
- 600 – 700 g gerookte, ontbeende kasslertjops
- vars blaarslaai
- 3 – 4 tamaties of ‘n pakkie rooi kersietamaties, gehalveer
- 2 rooi uie, in dun ringetjies gesny
- blik pitmielies, gedreineer (nie die roomsoort nie)
- 1 komkommer, in ringe gesny
- sout en peper na smaak
- Fetakaas gekrummel, na smaak
- sonneblomsade, chiasaad, lynsaad en pampoenpitte
Braai die kasslertjops vinnig bruin in ‘n bietjie olie. Wanneer die tjops bruin is, haal van die plaat af, laat afkoel en sny dan in dun repies.
Spoel en dreineer die slaaibestanddele deeglik af. Pak die slaaibestanddele alternatiewelik met die kasslerrepies in ‘n slaaibord.
Strooi die gekrummelde fetakaas en sade bo-oor en laastens word die oorblywende vleisrepeis bo-op geplaas.
Jy kan slaaisous van jou eie keuse gebruik, maar ‘n heuning en mosterslaaisous komplimenteer die slaai goed.
Resep en foto: Elma Brittz-Venter