Your Recipe Blog

VRUGTEWIELE IN LEMOENSOUS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min

VRUGTEWIELE IN LEMOENSOUS

  • Beslag:
  • 500 ml koekmeel
  • 15 ml bakpoeier
  • 2 ml sout
  • 80 ml margarien
  • 160 ml melk
  • 150 ml vrugtekoekmengsel
  • 5 ml gerasperde lemoenskil
  • Sous:
  • 200 ml suiker
  • 60 ml lemoensap
  • sap van ‘n halwe suurlemoen
  • 250 ml water

Voorverhit oond tot 200ºC. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam in ‘n mengbak.
Vryf die margarien met jou vingerpunte in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die melk by en meng tot ‘n sagte deeg.
Rol die deeg uit (nie te dun nie) in ‘n reghoek van ongeveer 20 x 22 cm.
Smelt ongeveer 20 ml margarien en smeer met ‘n kwas oor die deeg.
Sprinkel die vrugtekoekmengsel en lemoenskil oor.
Rol die deeg versigtig op soos ‘n rolkoek.
Sny in skywe van 2 tot 2.5 cm dik en rangskik plat in die voorbereide bak.
Plaas al die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol en bring tot kookpunt.
Giet oor die wiele. Bak 25 min tot gaar en goudbruin.
Dien op met vla.

Resep en fofo: Amanda Austen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page