VRUGTEROOMYS MET VARIASIES
Resep en foto’s: Susan Gericke
- 4 ryp piesangs
- 1 houer ekstra volroom Griekse jogurt
- ¼ koppie suiker
- karamelgeursel
- Plaas bestanddele in ‘n voedselverwerker tot glad, skep in ‘n roomys houer en plaas in die vrieskas.
- Baie lekker. Ek haal dit net ‘n rukkie voor gebruik uit, dan’s dit bietjie sagter.
- 1 kg aarbeie (dis nou goedkoop by ons)
- aarbeigeursel vir kleur
- 1 houer dubbel room aarbei jogurt met bietjie melk bygevoeg
- bietjie suiker na smaak
- Plaas bestanddele in ‘n voedselverwerker tot glad, skep in ‘n roomys houer en plaas in die vrieskas.
- Baie lekker. Ek haal dit net ‘n rukkie voor gebruik uit, dan’s dit bietjie sagter.
- 2 groot papaja
- 2 koppies suiker
- 1 liter jogurt van jou keuse
- Plaas bestanddele in ‘n voedselvrwerker tot glad, skep in ‘n roomys houer en plaas in die vrieskas.
- Baie lekker. Ek haal dit net ‘n rukkie voor gebruik uit, dan’s dit bietjie sagter.
Nota:
Op die foto is die papaja roomys.
Category: