VRUGTERIGE HOENDERGEREG
- 8 stukke hoender met vel
- sout en peper na smaak
- 1 groot ui, gekap
- olie om in te braai
- 1 Granny Smith appel, gerasper
- 5 ml kerriepoeier
- 250 g sampioene, gesny
- 1 blik sampioen roomsop
- 250 ml rosyne
- 1 rooi appel, geskil en in wiggies gesny
- 250 ml karringmelk
Verhit oond tot 180°C. Spuit oondbak met kleefwerende kossproei.
Verbruin die hoender in ‘n pan aan albei kante. Skep uit in oondbak en hou eenkant.
Sorteer die ui en gerasperde appel tot geurig. Voeg kerrie by. Sorteer 1 minute lank.
Voeg die sampioene by en sorteer tot sag. Voeg die soppoeier, rosyne, appelwiggies en karringmelk by.
Laat kook vir 1 – 2 minute lank. Giet die sous oor die hoenderstukke.
Bedek die bak met ‘n deksel of foelie, en bak vir 45 minute lank.
Verwyder deksel of foelie, en bak nog 20 minute lank tot verbruin. Bedien saam met rys.
Resep en foto: Amanda Austen