VRUGTEKOEK MET LIQUIFRUIT
- 500 g koekmengsel
- 250 ml bruinsuiker
- 125 g gekapte dadels
- 130 g botter
- 250 ml Liquifruit
- 5 ml koeksoda
Die volgende dag – voeg by en meng goed deur:
- 125 ml brandewyn
- 100 g gesnyde kersies
- 100 g gesnyde pekanneute
- Ekstra:
- 2 eiers, geklits
- 500 ml koekmeel
- 2.5 ml sout
- 5 ml gemengde speserye
- 5 ml kaneel
Voeg die geklitste eiers by. Sif die droë bestanddele saam en meng by die beslag in.
Plaas in gesmeerde pan 18 of 20 cm wat uitgevoer is met bruinpapier of bakpapier (nie wax papier nie).
Bedek die koek met foelie.
Bak 140° vir 2 ure. Verwyder foelie en bak vir ‘n verdere 30 tot 40 minute of tot dit gaar toets.
Haal uit die oond, giet 2 doppies brandewyn oor terwyl die koek warm is.
Laat dit afkoel in die pan.
Keer uit, laat heeltemal afkoel en verpak.
Resep en foto: Dinah LD Niemandt