VRUGTEKOEK MET LEMOEN- EN BRANDEWYNSTROOP
- Kook die volgende saam vir 10 – 15 min:
- 500 g vrugtekoekmengsel
- 1 koppie bruinsuiker
- 1 koppie water
- 250 g botter of margerien
- 1 teelepel koeksoda
- Voeg na 15 min by indien gebruik word:
- kersies of dadels, opsioneel
- Laat baie goed afkoel en meng by:
- 3 eiers, geklits
- ½ koppie brandewyn
- 2 eetlepels goue stroop
- Sif die volgende saam:
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel gemengde speserye
- 1 teelepel fyn kaneel
- Ekstra:
- 2 teelepels bakpoeier
- kersies vir bo-op
Volg die stappe soos bo tot waar die gouestroop, eiers en brandewyn bykom.
Meng die gesifte meelmengsel by.
Voeg die bakpoeier by en meng alles goed deur.
Skep in voorbereide koekpan.
Indien jy kersies bo-op wil gebruik, is dit nou die tyd om hulle bo-op die koek te plaas.
Bak vir 1 uur teen 120°C.
Nota:
My oond is baie warm so pas maar aan volgens jou oond.
Toets vir gaarheid voordat jy dit uit die oond haal.
- Sous:
- ½ koppie suiker
- 1 koppie lemoensap
- ¼ koppie brandewyn
Kook alles saam tot suiker opgelos is.
Wanneer die koek uit die oond kom, laat staan paar minute, keer die koek uit die pan en smeer die sous met ‘n kwassie reg rondom en onder. Laat die koek heeltemal afkoel, maak toe met foelie en herhaal die stroop proses 1 keer elke week vir 4 weke.
Resep en foto: Renette Jacobson