VRUGTEKOEK MET KOFFIE
- 1 blik kondensmelk
- 250 g margarien
- 1 ¾ koppie water
- 1 teelepel espresso koffie of enige kitskoffie
- ¼ teelepel sout
- ½ teelepel neutmuskaat
- ½ teelepel gemengde speserye
- 2 ½ koppies koekmeel
- 1 teelepel koeksoda
- 1 eier
- 1 kg vrugtekoekmengsel
- ½ koppie brandewyn
Voorverhit oond tot 140° C. Kook kondensmelk, margarine, water en vrugte op stadige hitte vir so 5 minute, laat afkoel.
Roer die koeksoda en eier vinnig deur en meng die droë bestanddele by.
Voer pan uit met bakpapier, skep mengsel in pan en bak vir 2 ½ ure indien dit ‘n gewone koekpan is en 2 ure in ringpan.
Wanneer koek uit oond kom giet brandewyn oor warm koek. Laat heeltemal afkoel en verpak.
Resep en foto: Chrissie Maree