VRUGTEKOEK KOLWYNTJIES
- Basis:
- 175 g botter
- 175 g suiker
- 4 eiers
- 175 g koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 teelepel gemengde speserye of gemmer, neut, kaneel as jy nie gemengde speserye het nie
Voeg die vrugtemengsel by:
- Vrugtemengsel:
- 1 koppie rosyntjies
- ½ koppie neute
- paar groen gesnyde kersies
Sorg dat dit nie te veel vrugte is nie.
Skep in kolwyntjie panne wat gespuit is.
Bak teen 180 °C vir ± 15 min of tot gaar.
Laat heeltemal afkoel.
Maak gewone versiersuiker met paar druppels water aan, en smeer bo-oor.
Ek weet hulle gaan daarin vaar!
Resep en foto: Elizabeth Haupt