Your Recipe Blog

VRUGTEKELKIEKOEK

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 min

VRUGTEKELKIEKOEK

  • Sif  die volgende saam:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels koeksoda
  • ½ teelepel sout
  • 1 ½ koppies suiker
  • Voeg  die volgende by:
  • 2 geklitste eiers (2 ekstra groot of 3 groot eiers)
  • 1 blik (410 g) cocktail fruit (sous en vrugte)

Meng goed. Smeer ‘n groot tertbord, skep beslag in en bak vir ±45 minute by 180°C. (25 minute indien 2 klein tertborde)

  • Kook die volgende saam vir die die stroop:
  • 1 koppie suiker
  • 1 blikkie (410 g) Ideal melk
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 4 teelepels botter of margarien
  • Voeg by:
  • ½ koppie klapper by, opsioneel

Giet kokend oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Dit kan bo-op versier word met die volgende room nadat dit koud geword het.

  • Klits saam:
  • ±175 ml room
  • versiersuiker (±2 eetlepels)
  • 2 teelepels kondensmelk
  • bietjie vanilla geursel

Resep: Linda Le Roux Swarts
Foto:  Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page