VRUGTEKELKIE KOEK / TERT
Dit bly maar ‘n heerlike tert. Dit lewer ‘n groot tert, redelik hoog. Moontlik 10 porsies, dalk meer as jy nie so groot sny nie.
- Koek:
- 2 koppies koekmeel
- 2 teelepels koeksoda
- ½ teelepel sout
- 1 ½ koppies suiker
- 2 geklitste eiers (2 ekstra groot of 3 groot eiers)
- 1 blik (410 g) “cocktail fruit” (sous en vrugte)
Sif die droë bestanddele saam. Voeg eiers en die blikkie vrugte by en meng goed. Smeer ‘n groot tertbord, skep beslag in en bak vir ± 45 minute by 180°C. (25 minute indien jy 2 kleiner tertborde gebruik).
- Stroop:
- 1 koppie suiker
- 1 blikkie (410 g) Ideal melk
- 1 teelepel vanilla geursel
- 4 teelepels botter of margarien
- ½ koppie klapper, opsioneel
Kook die bestanddele vir die stroop saam en skep bo-oor die koek sodra dit uit die oond kom.
Laat heeltemal afkoel.
- Roomversiersel:
- 175 ml room
- versiersuiker (±2 eetlepels)
- 2 teelepels kondensmelk
- 5 ml vanilla ekstrak
Klits die bestanddele vir die versiersel saam en bedien bo-op die koek.
Foto: Louise Groenewald
Resep: Linda Le Roux Swarts
Hi can you freeze
Hi Debbie, yes you can freeze it. I will take it out of the freezer the night before and put in the fridge. Also make a little extra sauce, to pour over when you re-heat.
Enjoy.
Rina