Your Recipe Blog

VRUGTE YSIES

VRUGTE YSIES

  • ¾ papaja (paw paw)
  • 1 lemoen se sap
  • 1 piesang
  • 1 ½ mango
  • ¾ houertjie Griekse jogurt (volle houertjie is 150 g)

Skil en sny vrugte op in blokkies. Verpulp in versapper.
Skep in 15 mini plastiek weggooibare glasies, sit stokkies in indien verkies.
Plaas in die vrieskas en vries, geniet heerlike vrugte ysies.

Wenke:
Steeltjies het ek gemaak deur plastiek lepeltjies se steeltjies af te sny. Ek gebruik lepeltjie gedeelte weer in stokperdjies so geen vermorsing.
Res van die vrugte in blokkies gesny en ook gevries vir smoothies later.
Kan hele houertjie jogurt ook gebruik as wil.
Ek het “shot” glasies op eierhouer dekseltjies in vrieskas geplaas. Dit help dat hul regop bly staan en nie in vrieskas omval nie.

Resep en foto: Erika Foot

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page