Your Recipe Blog

VRUGTE- OF NEUTEFUDGE

VRUGTE- OF NEUTEFUDGE

  • 1 blik kondensmelk
  • 375 g wit sjokolade
  • 200 g neute, of droëvrugte waarvan jy hou

Spuit ‘n oondpan met nie-kleefwerende sproei en voer die pan uit met bakpapier. Verkieslik ‘n bietjie te groot, want dit sal later bietjie makliker verwyder.
Skep die kondensmelk in ‘n pan met ‘n dik bodem. Sny die sjokolade in klein stukkies. Sny die neute ook kleiner.
Verhit die kondensmelk stadig oor lae hitte. Neem jou tyd, dit brand vinnig!!!
Terwyl jy aanhou roer voeg die sjokolade by. Hou aan roer totdat die sjokolade volledig gemeng is met die kondensmelk en daar ‘n lekker gladde massa is.
Haal die pan van die hitte af en tewyl jy vinnig roer, meng die gedroogde vrugte of neute deur. Skep die fudge op die bakpapier, en maak dit mooi gelyk.
Laat in die yskas vir ten minste 3 uur.
Sny in blokkies en geniet.

  • Fruit fudge
  • 1 can of condensed milk
  • 375 g white chocolate
  • 200 g unroasted nuts, or whatever you like

Place a baking paper on the bottom of the baking dish. Preferably a little too big because that will be easier to remove later.
Empty the can of condensed milk into a heavy-bottomed saucepan. Cut the chocolate into small pieces. Also chop the nuts small.
Slowly heat the condensed milk over low heat while stirring. Take your time, burn fast!!! While continuing to stir, add the chocolate. Keep stirring until the chocolate is completely mixed with the condensed milk and you have a nice smooth mass. Remove the pan from the heat and quickly and vigorously stir in the nuts. Pour the mixture onto the baking paper and smooth it out and shape it a bit if necessary.
Keep in die fridge for up to 3 hours.
Cut into blocks.

Recipe and photo: Annet Geelhoed
Photo 2:  Nicolette Papas – Het die een weer gemaak maar die keer die melk sjokolade vervang met donker sjokolade. En ek het 180 g neute en 80 g cranberries gebruik. Regtig ‘n ongelooflikke lekker resep.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page