VRUGTE- NEUTSKYWE
Hierdie resep kom van 1998 en hierdie is my aangepaste resep.
Oond temperaruur: 180°C
- 450 g groen appels, geskil en in blokkies gesny
- 1 medium wortel, geskil en fyn gerasper
- 2 eetlepels heuning
- 80 ml vars lemoensap
- 100 g droë pruime, gekap
- ½ koppie vrugtekoekmengsel
- 125 gemengde droë vrugte, gekap
- 50 g pekanneute, gekap
- 80g (135 ml) bruismeel
- 75 g gerolde oats
- 20 g sonneblomsade
- 30 ml olie
- 30 ml fyn appelkooskynfyt
Verhit die appels, wortels en lemoensap in ‘n klein kastrol. Plaas deksel op en kook stadig vir 10 minute.
Voeg heuning by en roer. Meng om’ n sagte pasta te maak.
Verwyder van hitte en voeg res van die bestanddele by, behalwe die appelkooskonfyt. Meng goed.
Druk mengsel vas in gesmeerde oondbak van 36 x 26 cm.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir 40 minute of tot goudbruin.
Verwyder die pan uit die oond en verf die appelkooskonfyt oor om’ n glans te gee.
Sny in blokkies en laat afkoel.
Bêre in ‘n lugdigte houer in die koelkas.
Nota:
Dit is inderdaad heerlik.
Die blokkies is ryk in komplekse koolhidrade, vesel en die pruime sal help met hardlywigheid.
Resep geplaas en foto: Louisa Rossouw Hollenbach