VROULIEF SE OONDGEBAKTE PIZZA
“My vrou kan !!!! Wow djeeeeerlik. Gewoonlik gebruik ek my roosterkoekresep (dit is op die blog) vir die deeg…maar vanaand het ek kortpad gevat met winkeldeeg.”
- 1 pak gekoopte brooddeeg – winkeldeeg
- 1 pakkie skouerspek, opgesny
- ½ ui, gekerf
- 1 eetlepel nat knoffelpasta
- 150 g gesnyde sampioene
- 2 eetlepels tamatiesous
- 1 koppie gerasperde kaas
Rol die deeg mooi dun uit en plaas dit bo-op ‘n vel bakpapier in ‘n plat oondpan.
Braai intussen die spek en uie tot geurig en voeg die knoffel by.
Smeer die tamatiesous oor die deeg.
Pak die sampioenskyfies op en daarna die spek- en uiemengsel.
Strooi die gerasperde kaas oor en bak vir 30 minute by 180 °C.
Resep en foto: Gideon Louw