VROULIEF SE FRIKKADELLE
“Vroulief se frikkadelle was so na my smaak, nie droog nie, maar tog lekker bros en sappig so na my hart… gemaak met ons eie “mince” mengsel. Ons het dit geniet saam met Cortina-groen ertjies en bromkool met ‘n lekker witsousie. Djeeeeerlik.“
- 500 g maalvleis
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- 1 eier
- 1 teelepel knoffelvlokkies
- 1 teelepel brandrissie vlokkies
- 1 teelepel Italiaanse speserye
- ½ teelepel witpeper
- ½ koppie room
- 1 eetlepel balsamiese asyn
- olie om in te bak
Meng alles saam deur ‘n vurk te gebruik. Dit maak dat jou maalvleis lekker los bly.
Skep lepelsvol in warm olie en bak vir ‘n paar minute aan elke kant tot mooi goudbruin.
Resep en foto: Gideon Louw












