VRIESKAS WENKE
Vanoggend toe ek spek uithaal vir ontbyt het ek gewonder wie doen dit nog. Ek koop klomp spek op ‘n slag, maar selfs die klein pakkies doen ek dit mee, want ons is net 2 mense. Rol elke stukkie op en pak op ‘n skinkbord, sit in die vrieskas. Wanneer hard gevries pak die rolletjies in ‘n ziplock sakkie of ‘n bakkie, en vries weer. Nou kan jy maklik net uithaal soveel jy nodig het sonder om te sukkel. Vertel vir ons van julle slim planne asb?
Lorett Brittnell:
Ek koop ook grootmaat en sit of 2 of 4 repies opmekaar en vries oop tot hard en plaas gevriesde repe in ‘n plastieksak in vrieskas, dan haal ek net soveel uit soos benodig. Werk 100%.
Rika Rossouw:
Wanneer ek van die dorp af kom (85 km), dan is roomys al effe sag, dan sny ek dit sommer met ‘n mes in kleiner blokkies voor ek dit in vrieskas sit. Dan skep dit baie makliker. Haal net blokkie uit al is gevries, werk baie goed. Xx
Rina Kleinhans nota: Steek ‘n roomys stokkie in elke blokkie en vries, dan het jy sommer klaar roomyse ook 🙂
Gerty Corbitt:
Doen dieselfde met frikkadele en spuit Spray n Cook op skinkborde sodat dit nie vassit nie (ek doen laasgenoemde uit gewoonte)
Belinda May Ouwerling:
As ek goedkoop vrugte soos pynappel kry, dan sny ek dit op, sit op ‘n skinkbord tot hard en dan ziplock sakkie.
Elize de Kock:
In seisoen koop ons so 8 pynappels op ‘n keer, skil almal gelyk en sny in ringe, en core sommer ook klaar. Doen dan 2 opmekaar en plaas in Ziploc. Onthou maar die handskoene, pynappel gaan die velle laat afkom! Jy kan dit vars gebruik of in kos sit, ons is baie lief vir Hawaii burgers met chilli flake oor die pynappel, braai in bietjie botter met suiker.
Sandra Basson:
As coke ens flat is, giet ek dit in ysblokkie houers, laat staan oornag buite sodat die laaste gas uit is (anders vries dit nie lekker nie) en plaas dan in vrieskas. So as jy weer jou coke drink, plaas jy so ‘n ysblokkie in, in plaas van ‘n gewone blokkie ys.
Sarie Greyvenstein:
Ek doen met my vars groente wat ek vries ook so: verwerk, plaas op ‘n skinkbord in vrieskas, gee so 2 tot 3 ure kans om te vries, plaas in een groot ziplock sakkie of plastieksak vir vries. Plaas terug in vrieskas. Wanneer nodig, haal net uit wat jy nodig. Gerasperde kaas plaas ek ‘n gesnyde sny brood bo-op, dit voorkom dat kaas kristalle vorm. Vervang sny brood elke keer soos jy kaas gebruik.
My vleis verpak ek ook so bv. tjop word hard gevries en los in ‘n groot vriessak verpak, wors word porsies klaar gesny. Maalvleis weeg ek af 300 g, druk plat, draai toe in kleefplastiek, vries en verpak ook in ‘n groot vriessak ziplock sakkies. Sakkies kan jy oor en oor gebruik en vat nie baie plek.
Erina Keyser:
As ek filter koffie oorhet, giet ek dit in ysbakkies, vries dit en gebruik die koffie-ysblokkies in my Amarula drankie, want ‘n gewone ysblokkie maak dit waterig.
Leora Nair:
I’m lazy, it’s daughter’s fav so it’s her job. 😁 We just split into flat plastic packets (extras from food lovers nuts section is perfect) and freeze.
The 2 best things in my food life tho is from mom: she precooks onion-tomato bases n I use that from the freezer when short on time. Plus she makes us rounds of roti dough that we defrost, roll out n fry. 2 truly wonderful cheat/treats.
Foto: Rina Kleinhans