Your Recipe Blog

VRIENDSKAPS KOEK – (HERMAN BROODJIE)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 - 50 minute | Servings: 2 broodjies

VRIENDSKAPS KOEK – (HERMAN BROODJIE)

Uit my oorlede Skoomma se resepteboek.

  • Plantjie:
  • 125 ml koekmeel
  • 125 ml sterk lou melk of water (of ‘n mengsel van die twee)
  • 2 ml aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie vars, saamgeperste suurdeeg
  • 2 ml suiker

Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure op ‘n warm plek staan tot skuimerig.
Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel of in ‘n mengbak wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.

  • 1ste dag:
  • Voeg by die 250 ml plantjie:
  • 250 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 125 ml suiker

Roer tot gemeng, bedek en plaas in koelkas.

  • 2de – 4de dag:

Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.

  • 5de dag:
  • Voeg weer by.
  • 250 ml melk
  • 250 ml koekmeel
  • 125 ml suiker

Roer tot gemeng, bedek en plaas terug in koelkas.

  • 6de – 9de dag:

Roer elke dag een keer om, bedek en plaas terug in koelkas.

  • 10de dag:

Gee 250 ml van die mengsel aan ‘n vriendin saam met die instruksies, hou 250 ml vir jouself vir die volgende koekmengsel en gebruik die oorblywende plantjie mengsel om jou vriendskapkoek van te bak.

  • Voeg dan die volgende by die oorblywende mengsel in jou houer:
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepel Vanilla geursel
  • 1 koppie suiker
  • ½ teelepel sout
  • ⅔ koppies olie
  • ½ teelepel kaneel
  • 2 eiers
  • ½ teelepel bakpoeier
  • 1 – ½ teelepel koeksoda opgelos in ‘n bietjie kookwater of warm melk
  • Meng baie goed en voeg enige van die volgende by mengsel:
  • Dit moet 2 koppies vol wees – Rosyne, kersies, neute, klapper, dadels, piesang, sjokolade chips ens

Smeer 2 broodpannetjies.
Bak vir 40 to 50 min by 180°C.
Wanneer die broodjies uit die oond kom gooi die stroop oor.

  • Kook alles eers saam:
  • ¾ koppie melk
  • ¼ koppie suiker
  • ⅛ koppie margarien

As jy nie wil voortgaan met die vriendskapskoek nie, gee dan net aan twee vriendinne en bak een koek vir jouself.

Resep: Rene Truter Wessels
Foto: Annet Geelhoed

Category:

2 Reviews

  1. Dinah

    Dankie vir.die resep.

    Star
  2. Elza Pretorius

    Heerlik my plantjie het dood gegaan en resep verloor in trekker nou kan ek weer die heerlike broodjie bak en plantjies kweek

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page