VOORTREFLIKE VARKSTERTJIES
“Ek het myself vanaand oortref met die maak van hierdie varkstertjies en van almal wat ek al gemaak het was die een net ‘n kappie lekkerder. Sjoee djeeeeeerlik en so ‘n goedkoop gereg.”
- 5 lekker groot ontvelde varkstertjies
- 1 groot gekerfde ui
- 1 eetlepel rissievlokkies
- 2 teelepels sout
- 1 teelepel peper
- 1 eetlepel fyn knoffelvlokkies
- 1 eetlepel italiaanse kruie
- 2 eetlepels olyfolie
- 3 eetlepels tamatiesous
- 50 ml asyn
- 2 eetlepels soetrissiesous
- 2 eetlepels suiker
- pakkie uiesoppoeier
Meng al die bestanddele behalwe uie en vleis goed.
Rol die varkstertjies in die sous en pak dit in ‘n oondvaste bak.
Versprei die uie oor die stertjies en skep die res van die sous bo-oor die uie, bedek met foelie.
Bak vir twee ure by 180 ºC en verwyder dan die foelie.
Skep ‘n bietjie van die vet af en sprinkel ‘n halwe pakkie uie soppoeier oor en meng in die sous in die bak in.
Bak vir ‘n verdere 30 minute. Stel die oond op rooster en rooster tot mooi goudbruin vir ‘n paar minute.
Bedien dit op ‘n lekker bed van kapokaartappels met ‘n holte in die aartappels vir baie sous.
Resep en foto: Gideon Louw