Your Recipe Blog

VOORBEREIDING VAN LEWER EN NIERE

VOORBEREIDING VAN LEWER EN NIERE

Bees en skaap niere dompel jy in kookwater vir paar minute, dit gaan onmiddelik verkleur. Die membraan sal nou maklik aftrek sommer met jou vingers.
Nou sny jy dit in helfte en verwyder die harde wit vet en opsigtelike aarbuise.
Bees en skaap lewer se membraan word ook so verwyder.

Hoender lewers, sny jy net met ‘n messie die wit stukkies af. Maak seker voor jy met die lewers begin dat die gal uitgesny is (so groen sakkie).
As dit sou breek is al jou lewer bederf en gaan dit bitter wees.

Wanneer niere en lewer klaar skoon is, laat lê so 10 minute in soutwater.
Spoel af en dis reg vir gebruik.
Karringmelk, melk en al die ander dinge is nie nodig vir lewer as jy dit bietjie in soutwater laat lê nie. Dit maak dit ook sag.

Resep: Elize de Kock

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page