Your Recipe Blog

VOLSTRUISNEK IN DIE PRUTPOT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 6 - 8 Ure

VOLSTRUISNEK IN DIE PRUTPOT

Ek het besluit om bietjie groot voël nek gaar te maak. Moet dit liefs nie aanpak sonder baie geduld en tyd. Ek het dit in my “slakke pot” gekook.
  • 2 kg volstruisnek
  • 500 g brisket (lekker vet), in blokkies gesny
  • worcestersous
  • 1 liter karringmelk
  • 1 pakkie “spare rib” poeier marinade
  • 2 uie of meer soos verkies
  • 3 roosmaryn takkies
  • peper, na smaak
  • 2 teelepels fyn knoffel
  • baba aartappels
  • wortel ringetjies
  • klein tamatietjies
  • 1 pakkie Royco “roast meat” souspoeier
  • ½ blikkie “baked beans”
  • 4 – 5 murgpampoentjies, in ringetjies gesny
  • uie, vir bo-op
Sprinkel bietjie Worcestersous oor die vleis. Meng karringmelk en marinadepoeier saam en bedek vleis daarmee. Maak seker al die stukke is toe onder die marinade. Ek het die vleis vir 2 dae in die karringmelk in yskas laat staan.
Sny uie in prutpot en plaas vleisstukke bo-op, vryf meeste van die marinade af. Plaas roosmaryn takkies bo-op en kook op hoog vir 6 ure. Ek het geen water bygevoeg nie.
Geur nou met peper en knoffel.
Pak aartappeltjies, wortel en tamatie bo op.
Prut nog verder vir ± 2 ure of tot sag. Maak nou souspoeier pakkie aan met ‘n halwe koppie kook water, meng met bone en giet bo-oor die vleis. Laat staan ‘n rukkie en meng deur.
Braai 
eenkant die murgpampoentjies en uie tot sag.
Berei mielierys volgens instruksies op pakkie. Skep vleis bo-op mielierys en laastens skep murgpampoentjie en uie op.
Ek het dit bedien saam met soetpatats met nartjieskil in.
Dit is heerlik en ‘n “goedkoop” en gesonder plaasvervanger vir beesstert.
Resep en foto: Hettie Stoltz

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page