VOLKORINGKAASBROODJIE
- 750 ml volkoringmeel
- 20 ml bakpoeier
- 10 ml mosterdpoeier
- 3 ml sout
- 30 ml botter of margarien
- 500 ml Cheddar kaas, gerasper
- 400 ml melk
Verhit die oond tot 180ºC en spuit ‘n 22 x 10 cm broodpannetjie met kleefwerende kossproei.
Meng die droë bestanddele in ‘n mengbak en vryf die botter by die meelmengsel in tot dit krummelrig is.
Voeg die kaas by en meng deur.
Voeg die melk by en meng goed deur tot ‘n deeg vorm.
Skep die deeg in die broodpan en bak 50 – 55 min in die voorverhitte oond tot gaar.
Nota:
Jy kan bietjie ekstra kaas bo-oor die broodjie strooi.
Resep en foto: Amanda Austen